modified on 22 Februarie 2012 at 14:39 ••• 79 views

Zimbabwe in krisis (2008)

Vanuit MyFundi

Spring na: navigasie, soek

Inhoud

Zimbabwe in krisis (2008)

Opsomming

In 2008 het Zimbabwe, in 'n ekonomiese en politieke ineenstorting, 'n politieke keerpunt bereik. Hierdie artikel spoor die tydlyn van gebeure na wat tot die 2008-krisis gelei het, die vorming van 'n nuwe regering vroeg in 2009 en die implikasies vir Afrika en veral Suid-Afrika as buurland, streeksenjin en vennoot vir Zimbabwe se herstel.

In 2008 het Zimbabwe 'n politieke keerpunt bereik n grondbesettings deur oorlogsveterane gesteun deur die regering, en die gevolglike ineenstorting van die landbousektor waarop die ekonomie gebaseer was.

Die nadraaireaksie het plaasgevind teen die agtergrond van die verwerping van 'n volksreferendum oor 'n nuwe grondwet gebaseer op Suid-Afrika se grondwet van 1996 wat gehou is om die grondherverdelingskwessie te hanteer, en van 'n afwaartse ekonomiese spiraal ná die neerdrukkende ekonomiese beleide van Robert Mugabe se ZANU-PF-regering tydens die 1990's.

Hierdie artikel spoor die tydlyn na van gebeure wat tot die 2008-krisis en die vorming van 'n nuwe regering vroeg in 2009 gelei het.

Onafhanklikheid

Zimbabwe (toe Rhodesië) se wit minderheidsregering het in 1965 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk (VK) verklaar hoewel hierdie onafhanklikheid eers op 18 April 1980 formeel deur die VK en die res van die internasionale gemeenskap erken is.

Trouens, dit was eers ná vredesonderhandelinge wat drie maande geduur het dat 'n vredesooreenkoms onderteken is. (Tydens hierdie onderhandelinge was die verdeling van grond tussen die wit bevolking, wat 1 % van die totale bevolking uitgemaak maar 70 % van die beste grond besit het, en die meerderheid swart bevolking, 'n sleutelkwessie.) Verkiesings is in Februarie 1980 gehou en onafhanklikheid het eers in April van daardie jaar 'n werklikheid geword.

Die verdeling van grond het 'n hoogs omstrede politieke onderwerp gebly.

Na-onafhanklikheidsopbloei

Die verkiesing van 1980 is gewen deur Robert Mugabe se Zimbabwe African National Union Patriotic Front (ZANU-PF) Party, wat Robert Mugabe die eerste minister van Zimbabwe gemaak het. As sodanig was hy in beheer van die daaglikse bestuur van die land, bygestaan deur 'n seremoniële president, Canaan Banana, wat in 1987 afgetree het.

Verskeie politieke partye het gedurende die 1980's kleiner rolle in Zimbabwe se politiek gespeel, onder meer die Zimbabwe African People's Union (ZAPU), wat opposisie vir die regerende ZANU-PF was voordat sy leier, Joshua Nkomo, in 1987 as vise-president in die regering opgeneem is.

Laat in die 1980's was daar ook die kortstondige bestaan van die Zimbabwe Unity Movement (ZUM), wat vir 'n kort rukkie opposisie vir die ZANU-PF/ZAPU-regering was. Ondanks die stigting van nuwe partye, het ZANU-PF en Robert Mugabe egter baie gewild gebly, en in 1985 en 1990 verkiesings met 'n oortuigende meerderheid gewen.

ZANU-PF se beheer oor Zimbabwe se politiek het ook die ekonomie ingesluit. Gedurende die 1980's 'n tydperk toe Zimbabwe 'n buitengewone gemiddelde groeikoers van 4.3 % ervaar het terwyl die res van Afrika suid van die Sahara lae ekonomiese groei ervaar het, het Zimbabwe baie in die onderwys, gesondheid en ander maatskaplike dienste belê.

Zimbabwe se ekonomiese opbloei in die 1980's was egter baie afhanklik van die wreldwye vraag na sy natuurlike hulpbronne insluitende sy goud, chroom en diamante. Meer as 60 % van sy Bruto Binnelandse Produk (BBP) was afkomstig van die landbousektor, wat grootliks deur die minderheid wit bevolking beheer is.

1990s: In die rigting van ekonomiese en politieke agteruitgang

In die 1990's het die Zimbabwiese regering sy onderdrukkende benadering na die ekonomie verskuif en sy mark vir binnelandse en buitelandse beleggers oopgestel, maar terselfdertyd 'n sentrale rol in Zimbabwe se politiek gehandhaaf. Die Economic Structural Adjustment Programme (ESAP), wat in 1991 aangepak is, sou die dokument word wat 'n openliker Zimbabwiese ekonomie sou dryf.

Onder ESAP sou Zimbabwe se regering minder in maatskaplike dienste bel en private maatskappye aanmoedig om eerder openbare werk en dienste te bedryf. Zimbabwe se regering sou plaaslike vervaardigers ook aanmoedig om hul produksie van huishoudelike goedere en uitvoer te verhoog. Die nuwe, oop Zimbabwiese mark sou ook meer internasionale belegging deur 'n nuwe Zimbabwe Investment Centre trek.

Hervormings onder ESAP het egter nie daarin geslaag om die ekonomiese suksesse van die 1980's te herhaal of te verbeter nie. Ekonomiese groei het tussen 1991 en 1996 met 0.8 % per jaar afgeneem en werkloosheidsvlakke het met 1.9 % per jaar toegeneem ondanks die regering se pogings om die ekonomie te stimuleer om meer werkgeleenthede te skep.

Ná die mislukking van ESAP het Zimbabwe die Zimbabwe Programme for Economic and Social Transformation (ZIMPREST) ingestel, wat op die verligting van armoede sou fokus en steeds private belegging in maatskaplike dienste sou aanmoedig. ZIMPREST sou ook sterk op swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en die herverdeling van grond fokus.

Nogtans het ZIMPREST nie daarin geslaag om die stand van Zimbabwe se ekonomie of die lewe van gewone Zimbabwiërs te verbeter nie. In plaas daarvan het 'n groeiende aantal Zimbabwiërs ontevrede begin word met stygende lewenskoste en hul lae inkomste, en openlik en gereeld deur oproer en stakings salarisverhogings geis.

Van belang was verskeie nywerheidstakings wat deur die Zimbabwiese vakbonde georganiseer is waarvan die grootste in 1994 gehou is. 'n Nasionale staking van twee maande deur staatsamptenare in 1996 het ook groeiende ontevredenheid met Zimbabwe se ekonomie en die ZANU-PF-regering se beleid uitgedruk.

'n Kritieke keerpunt was egter 14 November 1997, toe ongeveer 50 000 oorlogsveterane, wat in verswakkende ekonomiese toestande geleef het, 'n landwye staking gehou het en vergoeding geis het vir hul diens in die oorlog om Zimbabwe se onafhanklikheid. Die Zimbabwiese regering het reageer deur aan die oorlogsveterane VS$1300 elk toe te staan — 'n besluit wat Zimbabwe se begrotingstekort verder verhoog het en 'n verdere en aansienlike daling in die waarde van die Zimbabwiese dollar meegebring het.

Verskeie ekonome voer aan dat dít die stadium was waarop Zimbabwe se ekonomie na 'n dramatiese agteruitgang begin beweeg het. Ná Zimbabwe se onbegrote betaling van oorlogsveterane het die regering hom verbind tot deelname aan 'n duur gewapende konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), wat die ekonomie onder groter druk geplaas het en openbare ontevredenheid teen die regerende ZANU-PF verder aangeblaas het. In hierdie toestande is Zimbabwe se eerste groot opposisieparty, die Movement for Democratic Change (MDC), in 1999 gestig, gelei deur 'n voormalige leier van die nou magtige koalisie van Zimbabwiese vakbonde, die Zimbabwe Congress of Trade Unions (ZCTU).

Zimbabwe ná 2000

Veranderings in Zimbabwe se politiek en ekonomie het tot 'n nuwe veldtog deur ZANU-PF gelei om sy politieke mag te behou. In Februarie 2000 het die regering gepoog om sy 20-jaar-oue grondwet te wysig, klaarblyklik om dit 'n weerspieëling van Zimbabwe se politieke en ekonomiese uitdagings te maak. Die nuwe grondwet sou 'n Handves van Regte gebaseer op Suid-Afrika se grondwet van 1996 bevat en weer na Zimbabwe se grondherverdelingskwessie kyk.

Die voorgestelde nuwe grondwet is egter in 'n volksreferendum verwerp omdat dit die magte van 'n alreeds magtige president sou uitbrei en 'n nuwe, betreklik magtelose amp van eerste minister sou skep. Die verwerping van die referendum is algemeen gesien as 'n teken van groeiende openbare steun vir die MDC, wat saam met lede van die burgerlike samelewing 'n veldtog teen die konsepgrondwet gevoer het.

Die verwerping van die referendum het 'n sterk teenreaksie van pro-ZANU-PF onafhanklikheidsoorlogsveterane uitgelok wat gehoop het dat 'n grondwetlike wysiging Zimbabwe se grondbeleid sou hersien. 'n Paar dae ná die referendum het oorlogsveterane, deur die regering gesteun, honderde plase in wit besit beset ingevolge van wat hulle 'n "Snelspoor-" ("Fast Track"-) grondhervormingsprogram genoem het. Die bedoeling was dat besette grond onder nuwe, grondlose swart eienaars verdeel sou word, maar plase wat voorheen produktief was, lê nou braak en beroof Zimbabwe van sy vernaamste bron van inkomste.

Daarna het Zimbabwe se politiek en ekonomie 'n afwaartse spiraal binnegegaan, en het die land se ekonomiese groei tussen 1998 en 2007 met 37 % afgeneem, vergeleke met die res van Afrika wat 'n gesamentlike toename van 40 % in BBP ervaar het. Saam met 'n verswakkende ekonomie was die politieke klimaat n 2000 besonder gespanne en is dit gekenmerk deur politieke geweld wat meestal teen MDC-ondersteuners gerig was, gebrekkige verkiesings en die instelling van ZANU-PF-gesteunde beleide om politieke uitdrukking en assosiasie aan bande te lê.

'n Verswakkende ekonomie en gespanne politieke toestande het ook gelei tot 'n dramatiese agteruitgang van gewone Zimbabwiërs se lewenstandaarde en die wydverspreide skending van menseregte. Na gelang politieke en ekonomiese toestande vererger het, is die legitimiteit van die ZANU-PF-regering internasionaal bevraagteken.

In 2003, ná 'n presidensile verkiesing wat nie as vry of regverdig beskou is nie maar Robert Mugabe nogtans as president met 'n marge van 55 % 45 % aangewys het, is reissanksies teen ZANU-PF-beamptes deur die Verenigde State en lande van die Europese Unie in werking gestel. Die noodsaaklikheid van 'n nuwe regering is wyd as van kritieke belang beskou.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het dus in 2007 die toenmalige Suid-Afrikaanse president, Thabo Mbeki, aangestel om as bemiddelaar tussen Robert Mugabe se regering en die MDC op te tree om 'n strategie te ontwikkel om 'n nuwe regering deur middel van verkiesings te vorm. Terwyl onderhandelings aan die gang was, het Robert Mugabe egter aangekondig dat 'n verkiesing op 29 Maart 2008 gehou sou word. Sy besluit sou tot aansienlike veranderings aan Zimbabwe politieke samestelling lei.

2008: 'n Politieke keerpunt

Politieke en ekonomiese toestande in die land het egter vinnig agteruitgegaan ná die verkiesing van 29 Maart. Ná 'n lang vertraging met die aankondiging van die verkiesingsuitslae is daar aangekondig dat hoewel Morgan Tsvangirai van die opposisie MDC die meeste stemme van die presidensiële kandidate gekry het, sy meerderheid nie groot genoeg was nie en 'n uitklopverkiesing teen president Mugabe is vir 27 Junie 2008 vasgestel.

Die wydverspreide politieke geweld in die aanloop tot die verkiesing van 27 Junie, veral teen die ondersteuners van die MDC, het meegebring dat Morgan Tsvangirai hom aan die verkiesing onttrek het. Die gevolg was dat president Mugabe die enigste kandidaat in die verkiesing was, wat hy toe gewen het. Hy is dus as president van Zimbabwe ingehuldig. Desondanks het 'n ooreenkoms wat deur die SAOG bemiddel is, daartoe gelei dat die partye onderhandelings aangeknoop het en uiteindelik op 17 September 2008 'n skikking bereik het.

Ingevolge die ooreenkoms sou Mugabe as president aanbly en Morgan Tsvangirai sou eerste minister word. Mugabe sou voorsitter van die kabinet wees, wat veronderstel was om beleid op te stel, en Tsvangirai sou voorsit op 'n parallelle raad van ministers wat die beleid sou uitvoer. 'n Gesamentlike moniterings- en implementeringskomitee, wat as JOMIC bekend staan, sou uit al die partye saamgestel word en die taak hê om toesig te hou oor die suksesvolle uitvoering van die onderhandelde skikking.

ZANU-PF sou 15 van die kabinet se 31 ministeries kry, Tsvangirai se MDC 13, en die MDC-faksie gelei deur Arthur Mutambara drie setels. Mutambara sou ook een van twee adjunk- eerste ministers wees. Volgens die ooreenkoms moes kabinetbesluite deur konsensus geneem word. Mugabe sou nog steeds ministers aanstel, maar in oorleg met Tsvangirai. Die grondwet sou ook gewysig moes word om vir die skikking se bepalings voorsiening te maak en 'n nuwe grondwet sou binne 18 maande ná die samestelling van 'n eenheidsregering opgestel word en dan sou daar in 'n referendum daaroor gestem word.

'n Aantal opposisie-ondersteuners, insluitende beamptes en LP's van die MDC, wat slagoffers van politieke diskriminasie was, was egter agter tralies of uit op borgtog op klagtes soos hoogverraad. Die ooreenkoms het uitdruklik verklaar dat die gewelddadige grondverkrygings van die afgelope agt jaar "onomkeerbaar" was. Terselfdertyd was daar 'n oproep vir eiendomsregte en besitsekerheid ongeag ras. Daar is ook gevra vir 'n grond-oudit en vir die afskaffing van die meervoudige besit van plase.

2009: Samestelling van 'n nuwe regering

Hoewel die politieke skikking internasionaal en in Zimbabwe algemeen verwelkom is, was dit aan die begin van 2009 nog nie duidelik hoe mag in 'n koalisieregering tussen ZANU-PF en die MDC gedeel sou word nie. 'n Cholera-uitbraak teen die einde van 2008 het meer as 60 000 pasiënte gelaat. Die bedanking van Suid-Afrika se president, Thabo Mbeki, as president van die land en persoonlike geskille tussen die MDC- en ZANU-PF-leiers het ook die samestelling van 'n regering vertraag.

Desondanks, ná maande se debat oor hoe bepaalde staatsdepartemente verdeel sou word, wie nasionale sekuriteitsorgane sou beheer, skerp geskille oor die regverdige verdeling van provinsiale goewerneurskappe en die lot van aktiviste in aanhouding, het ZANU-PF en die MDC ooreengekom om 'n koalisieregering, die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) genoem, te vorm. ZANU-PF-beamptes het aangekondig dat 'n grondwetlike wysiging op 5 Februarie in werking gestel sou word sodat die MDC se Morgan Tsvangirai op 11 Februarie 2009 as eerste minister ingehuldig kon word.

Tsvangirai en twee adjunk- eerste ministers is op 13 Februarie 2009 ingehuldig, wat die amptelike samestelling van die nuwe regering ingelui het (die adjunk- eerste ministers is Thokozani Khupe van 'n MDC-faksie wat aan Morgan Tsvangirai verbonde is, en Arthur Mutambara, die leier van 'n afsonderlike faksie binne die MDC).

Die samestelling van 'n nuwe regering is nogtans begroet met 'n vars vlaag plaasbesettings. Daarbenewens is die MDC-benoemde vir die pos van adjunk-minister van landbou, Roy Bennett, op politieke gronde deur staatspolisie in hegtenis geneem binne twee dae ná die samestelling van die koalisieregering.

Implikasies vir Suid-Afrika en Afrika

Die volgehoue besetting van plase in wit besit en geweld teen MDC-ondersteuners het kommer gewek oor die volhoubaarheid van die onderhandelde ooreenkoms in Zimbabwe. Waarnemers en ontleders het ook gevrees dat president Mugabe en ZANU-PF nie hul verbintenisse sou nakom nie. Met Suid-Afrika op pad na 'n nuwe reeks verkiesings vir 'n nuwe staatspresident, is dit ook nie duidelik wat die uitwerking van 'n verandering van politieke leierskap in Suid-Afrika op die situasie in Zimbabwe sal wees nie as in aanmerking geneem word dat Suid-Afrika se voormalige president, Thabo Mbeki, 'n groot rol in die onderhandelings oor Zimbabwe se Globale Politieke Ooreenkoms (die grondslag van die koalisieregering) gespeel het.

Dit lyk asof die internasionale gemeenskap 'n wag-en-kyk-houding inneem, soos blyk uit die feit dat die EU en die VSA se lys geteikende sanksies van krag sal bly totdat regeringstandaarde sigbaar verbeter. (Hierdie sanksies verbied die reise van sowat 130 van Mugabe se naaste politieke en sakebondgenote en bevries hul oorsese bates.)

Zimbabwe se nuwe leierskap was egter grootliks optimisties oor die politieke skikking.

Ná die vorming van die koalisieregering het die nuwe MDC-minister van finansies, Tendai Biti, 'n ekonomiese herstelplan aangekondig wat VS$1-miljard sou verg om plase, skole en hospitale weer aan die gang te kry en VS$5-miljard om op lang termyn lewe in Zimbabwe se ekonomie te blaas. Die nuwe regering het gehoop om eksterne befondsing te kry, veral van sy Afrika-bure, om Zimbabwe se herstel te finansier.

Die Afrika-Unie (AU) het positief op die plan reageer, maar was nie duidelik oor spesifieke bystand aan Zimbabwe nie. Die Afrika-Ontwikkelingsbank, wat in 1964 gestig is om Afrika-lande te help om hul ekonomie te ontwikkel, het hom verbind om 'n skenkervergadering te bel oor hoe om met Zimbabwe se herstel te help. Daar word egter verwag dat Suid-Afrika die belangrikste vennoot in Zimbabwe se herstel sal wees as gevolg van die lang geskiedkundige en handelsbande en die geografiese nabyheid van die twee lande. Die kritieke bande tussen Suid-Afrika en Zimbabwe sluit in dié tussen die twee lande se handelsektore.

Digby 60 % van die maatskappye wat in 2005 op die Zimbabwiese effektebeurs genoteer was, is heeltemal of gedeeltelik in besit van Suid-Afrikaanse maatskappye. Geskiedkundig was Suid-Afrika een van Zimbabwe se vernaamste toegangspunte na hawens om sy internasionale handel te fasiliteer. Die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsmaatskappy, Eskom, het ook in die verlede elektrisiteit aan Zimbabwe voorsien, maar dit in 2005 gestaak vanwe Zimbabwe se onvermoë om sy finansile verpligtinge na te kom.

Polities het Suid-Afrika se betrekkinge met Zimbabwe gewissel tussen antagonisme en vriendskap. Gedurende die afgelope paar jaar was Suid-Afrika egter 'n sleutel- politieke bondgenoot van Zimbabwe in internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies en die Afrika-Unie, en het Suid-Afrika die voormalige ZANU-PF-regering dikwels heftig verdedig.

Suid-Afrika se steun vir Zimbabwe se nuwe regering op die internasionale toneel sal na verwagting voortduur en daar word berig dat die land simpatiek staan teenoor die opheffing van sanksies teen Zimbabwe se voormalige regering vroeg in 2009. Suid-Afrika het ook die tuiste geword van 'n geraamde 3 miljoen Zimbabwiërs wat van die moeilike ekonomiese en politieke toestande in hul vaderland vlug.

Suid-Afrika, wat die belangrikheid van sy betrekkinge met Zimbabwe besef, het hom verbind om R300-miljoen aan finansile steun te gee om Zimbabwe se landbousektor in 2008 te steun, hoewel mediaberigte meen dat groot bedrae van hierdie ondersteuning te laat gekom het. Latere Suid-Afrikaanse persberigte het gesuggereer dat die Suid-Afrikaanse hulppakket nie deursigtig bestuur is nie en dat ZANU-PF-beamptes in die provinsie Masjonaland-Wes asook ongeïdentifiseerde Malawiese burgers dele van Suid-Afrika se landbouhulp wanbestee het.

Daar word ook verwag dat Suid-Afrika sy kritieke rol in die voorsiening van Zimbabwe se elektrisiteitsbehoeftes sal hervat. Nog belangriker, daar word verwag dat Suid-Afrikaanse maatskappye 'n groot rol sal speel om lewe in Zimbabwe se ekonomie te blaas.

George Katito

Verified Article