Tuisblad
Vanuit MyFundi
Aktuele Artikels
Slagoffers van slawerny
26 Maart is die Internasionale Dag van Herdenking van die Slagoffers van Slawerny en die Transatlantiese Slawehandel. Wat was die Kaapkolonie se rol in die groter prentjie van slawerny wat destyds hoogty gevier het?
Die Kaap die Goeie Hoop was 'n klein, maar nie onbelangrike onderdeel nie, van die hele prentjie van slawerny en kolonisasie. Hier was in die eerste plek geen belangrike handel te dryf soos in die Ooste nie. Daarom was die verversingstasie aan die suidpunt van Afrika 'n natuurlike halfwegstasie langs 'n lang en uitputtende seereis, heen of weer. Dit is oorspronklik aangepak met net die mense wat met die eerste skepe in 1652 gestuur is. Afgesien van die aantal kundiges wat nodig was om die fondamente vir 'n nuwe gemeenskap te kom lê, het die meerderheid van die bemanning bestaan uit gewone matrose en soldate. Van hulle was sekeres vakmanne wat elkeen in 'n bepaalde rigting opgelei was. Die meerderheid is geskik genoeg geag om die alledaagse rugbreekwerk te verrig. Gaandeweg het die werklike probleme geblyk. Een daarvan, soos meermale ook ten opsigte van verskillende nedersettings in die Ooste en die Weste geblyk het, was die dringende behoefte aan meer mense en veral gewone arbeiders. Plaaslik het daar geen arbeidstelsel bestaan waarby die nuwe intrekkers kon inskakel of waarvan hulle gebruik kon maak nie...
Die Reg
Geweld en misdaad
n Dosent in polisiekunde aan UNISA sê wat misdaad in Suid-Afrika anders maak, is die hoë vlakke van geweld wat daarmee gepaard gaan. Byna 40% van alle aangemelde misdade in die land is gewelddadig. Dié verskynsel kan nie aan ‘n enkele oorsaak toegeskryf word nie, maar aan ‘n komplekse web van faktore wat spruit uit Suid-Afrika se verlede:Suid-Afrika se oorgang na demokrasie het gepaard gegaan met 'n styging in geweldsmisdaad. (Misdaad is geneig om gedurende tydperke van politieke oorgang opsigtelik toe te neem.)
In 1999 was 'n derde van die misdade wat die polisie in Suid-Afrika aangeteken het, gewelddadig van aard. Volgens 1997 se Interpol-statistiek van die 110 lande waarvan die misdaadvlakke deur Interpol gelys word...
Weer
Tropiese siklone
Tropiese sikloon Irina teister tans die kus van KwaZulu-Natal, met stormsterk winde en ‘n golfdeining van tot 6 m hoog. Die Indiese Oseaan-storm het ‘n chaos aan veral die kus naby Richardsbaai veroorsaak, en in die Durban-omgewing is paaie verspoel en huise oorstroom.
Maar wat is tropiese siklone en hoe vorm hulle? Lees verder:
Tropiese siklone word in die meeste kusgebiede naby die ewenaar met rede gevrees, aangesien hulle die natuur se mees verwoestende weerverskynsel is. Hulle staan ook soms as orkane of tifone bekend, afhangende van waar hulle ontstaan.
'n Tropiese sikloon ontstaan meestal in die laatsomer of herfs as 'n gebied van lae druk oor 'n tropiese oseaan. Warm, vogbelaaide lug...
Wetenskap
Bonus vir sterrekykers
Venus skitter op die oomblik helder in ons hemelruim, terwyl Jupiter en die Orion-konstellasie ook vandeesmaand waargeneem kan word. Sluit by ons aan op ‘n reis na die sterre:
Ons kan elke dag van die Aarde af kyk hoe die Son in die ooste opkom en in die weste ondergaan. Die Maan en planete en die meeste van die sterre kom ook in die ooste op en sak in die weste. Maar die tempo waarteen die verskillende liggame opkom en sak, is nie dieselfde nie. Waarom nie? Wat is die Maan? Wat is 'n planeet? Wat is 'n ster? Hoe pas dit alles in mekaar? Waarvandaan het alles gekom?
Sterrekunde, of astronomie, is die wetenskap is die wetenskap wat hierdie en baie ander vrae oor die heelal rondom ons probeer beantwoord...
Menseregte
Sosiale reg
Die VN se Wêrelddag vir Sosiale Geregtigheid word vandeesweek regoor die planeet gevier. Suid-Afrika het ‘n stormagtige geskiedenis van die stryd om menseregte wat – 18 jaar na die koms van demokrasie – steeds vir ‘n groot deel van die gemeenskap geld. Hoe het ons land se regserfenis ontwikkel?
Suid-Afrika se erfenis ten opsigte van die reg is op twee tradisies gebaseer, naamlik die Westerse regstradisie en inheemse Afrika-tradisie. Daarom is die menseregte wat vandag in Suid-Afrika toegepas word, op sowel die Westerse teorie van natuurreg as die Afrika-filosofie van ubuntu gebaseer.
Die ontwikkeling van die idee van fundamentele, natuurgebaseerde regte gaan hand aan hand ...
Erfenis
Mandela vry!
Oud-president Nelson Mandela se vrylating uit die tronk op 11 Februarie 1990 is oor die naweek gevier. Kom stap terug in tyd en bring ‘n besoek aan die Robbeneiland-gevangenis, waar mnr Mandela 18 van sy 27 jaar as politieke gevangene deurgebring het:
Jan van Riebeeck, 'n verteenwoordiger van die Hollands-Oos-Indiese Kompanjie (HOIK), het in 1657 besluit om Robbeneiland te gebruik as 'n plek waarheen uitgewekenes en slawe verban kon word.
Die HOIK was 'n maatskappy wat in Holland gebaseer was en handel tussen die Ooste en Europa gedryf het.
Van toe af het die verskillende goewerneurs van die Kaap die eiland nuttig gevind om ongewenstes heen te stuur aangesien dit gerieflik sowat elf kilometer...
Tegnologie
Sonkrag vir Afrika
Die petrochemiese reus Sasol gaan die moontlikheid ondersoek om gekonsentreerde sonkrag te gebruik om elektrisiteit op te wek. Die resultate van die studie, wat deur twee buitelandse instansies onderneem sal word, sal voor die einde van die jaar bekendgestel word. Sasol hoop om deel te neem aan die aankoopprogram vir hernieubare energie wat verlede jaar deur die Regering van stapel gestuur is. Lees meer oor sonkrag:
Die idee dat sonenergie konvensionele fossielbrandstowwe as die energiehulpbron wat in al die planeet se kragbehoeftes sal voorsien, kan vervang, het 'n realistiese moontlikheid begin word eerder as 'n ideale wetenskaplike droom. Ontwikkelings in die soningenieurswese het die doeltreffendheid van sonpanele verbeter, en tegnologie het die installering en gebruik daarvan...








