modified on 22 Februarie 2012 at 14:01 ••• 393 views

Masjona-rebellie

Vanuit MyFundi

Spring na: navigasie, soek

Die Masjona-rebellie

Img02913.jpg
Kolonel Alderson (middel, 2de ry van voor) en offisiere van die berede infanterie tydens die Masjona-rebellie.

Toe die Matabele in Maart 1896 in opstand gekom het teen die administrasie van die British South Africa Company in Rhodesië, het niemand verwag dat die Masjona betrokke sou raak nie. Toe die Masjona in Junie 1896 met Matabele-bystand en deur die invloed van spiritistiese mediums in opstand gekom het, het dié onverwagte optrede aan die begin welslae vir die opstandelinge beteken: 119 witmense is binne die eerste paar dae vermoor.

Dit het die begin van 'n lang tydperk van patrollering en geleidelike herokkupasie beteken. Die berede infanterie onder luitenant-kolonel E A H Alderson het uit die Kaap gekom om die gebied tussen Umtali en Salisbury skoon te maak (16 Augustus). Met die hulp van vrywilligers is groot gebiede gepatrolleer.

'n Aanval op die rebelle-hoofkwartier, Mashayamombe se kraal naby Hartley, op 10 Oktober 1896 het misluk. Op 24 Julie 1897 het 'n aanval op dié kraal deur plaaslike troepe met die hulp van die polisie geslaag.

Die rebellie het in November 1897 tot 'n einde gekom met die inhegtenisneming van die twee leidende stamorganiseerders, Nyanda en Kagubi. Die rebellie het 'n ekonomiese terugslag vir die land beteken, maar tot 'n fermer administrasie en blywende vrede gelei.

(Sien ook: "Masjonaland en Matabeleland".)


Verified Article