MyFundi-eksperts sluit die Suid-Afrikaanse Ensiklopedie (SAE) se paneel skrywers in... asook jy! Onder ons SAE-eksperts tel party van SA se top akademici, navorsers en skrywers, wat gewaarmerkte inhoud geskep het waarop jy kan staat maak vir akkuraatheid en objektiwiteit. (Soek vir die SAE-ikoon onderaan 'n artikel wat aandui dat die inligting gewaarmerk is.) Jy kan ook 'n fundi word – dis so maklik soos om jou kennis en deskundigheid tot ons wiki by te dra. Skep dan jou profiel en sluit jou aan by ons groeiende lys bydraers.
Dr Hanelie Adendorff is 'n Senior Adviseur: Universiteitsopvoeding (spesiale fokus: Natuurwetenskappe) by die Universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Onderrig en Leer.
Dr Mohamed Adhikari is 'n adjunk-professor by UK se Geskiedenisdepartement, met 'n spesiale belangstelling in Kleurling-identiteit en -politiek in die 19de en 20ste eeue.
Prof Vivian Alberts is Hoof: Departement Fisika, Johannesburg Universiteit, asook Hoof: Fotovoltaïese Navorsingsgroep. Belangstelling: alternatiewe energiebronne.
Dr Carl Albrecht is Hoof van Navorsing: Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) en het verskeie toekennings ontvang vir sy bydrae tot die stryd teen kanker.
[[Image:]]
Annalisa Bala Annalisa Bala is 'n Navorser/Ontleder: Internasionale Politiek by die South African Institute of International Affairs (SAIIA). Haar belangstellings sluit NEPAD in.
Prof Anton Basson is hoof van Stellenbosch Universiteit se Departement Meganiese Ingenieurswese, asook hoof van die afdeling Ontwerp en Megatronika.
Prof Lee Berger is direkteur van Wits se Paleo-antropologie-eenheid, met 'n spesiale belangstelling in hominiede morfologie en evolusie. Hy het onlangs die Sediba-fossiel ontdek.
Rory Bester is 'n kunsgeskiedkundige, kurator, kritikus en rolprentmaker. Sy belangstellings sluit fotografie, argivering/uitstalling/museumpraktyk en diasporastudies in.
Gilberto Biacuana is 'n handelsekonoom, ekonomiese ontleder en gewese navorser by SAIIA. Sy belangstellings sluit die SA klere- en tekstielsektor in.
Prof Trynie Boezaart (Davel) is Hoof: Privaatreg en Direkteur: Sentrum vir Kinderreg by Pretoria Universiteit, en 'n advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika.
Craig Bosch spesialiseer in arbeidsreg, mediasie en arbitrasie en het arbeidsreg aan die UK en UWK gedoseer. Hy is die medeskrywer van o.m. Labour Relations Law.
Prof Joubert Botha is 'n voormalige professor in Ekonomie aan die UP en Wits (departementshoof), voormalige president van ESSA en redakteur van die SA Journal of Economics.
Prof Jatti Bredekamp, 'n voormalige direkteur van UWK se Instituut vir Geskiedkundige Navorsing en vorige hoof van IZIKO-museums (Kaapstad), is 'n wêreldbekende deskundige oor Khoisan-identiteit.
Prof A J Brink is 'n voormalige president: SA Mediese Navorsingsraad, voormalige Dekaan: Medisyne, SU, en voormalige redakteur: Cardiovascular Journal of South Africa.
[[Image:]]
Jacques Brits is 'n wildspesialis en voormalige dosent by die Departement Natuurbewaring, Tshwane Universiteit van Tegnologie.
Prof Karin Brodie is 'n adjunk-professor: Onderwys en Wiskunde-onderwys, en assistent-hoof van die Skool vir Voorgraadse Studies by Wits.
Michael John Brooks gee klas by UKZN se Skool van Meganiese Ingenieurswese. Sy navorsing sluit in termovloeistowwe, hernubare energie en aëroruimte.
Prof André Burger is 'n voormalige departementshoof van Prosesingenieurswese by Stellenbosch Universiteit. Sy belangstellings sluit in termodinamika en mineraalprosessering.
Sonja Burger is 'n vryskutjoernalis, Engelse handboekskrywer en opvoeder, en is die SA agent vir Weblinks Online, 'n opvoedkundige webwerf-databasisdiens.
[[Image:]]
Jill Cairns is lid van die Wetenskapbewustheidspan by HartRAO. Haar portfolio sluit in wetenskapfeeste en fokusweke, en sterrekundewerkwinkels vir onderwysers aan te bied.
Prof Michael Campbell is die sameroeper van UCT se Jazz-studieprogram, president van die SA Vereniging van Jazz-opvoeders en Direkteur: Kaapstadse Jazz-orkes.
Romy Chevallier is 'n navorser en projekkoördineerder by die South African Institute of International Affairs se EU-program.
Prof Gareth Cornwall doseer letterkunde aan Rhodes Universiteit. Sy belangstellings sluit in SA letterkunde, 20stte-eeuse en eietydse Amerikaanse fiksie, en kortverhale.
[[Image:]]
M B Cortie is 'n navorser by Mintek se Minerale-afdeling. Sy werk fokus op die mikrostruktuur en meganiese werkbaarheid van materiale.
Dr Piet Croucamp doseer Politiek by Johannesburg Universiteit. Sy hoofnavorsing gaan oor die kwantifikasie van sosiale konsepte en die meetbaarheid van sosiale kohesie.
Dr Martyn Davies is Direkteur: China Africa Network en die Asia Corporate Network, Sentrum vir Besigheid & Akademiese Navorsing, Gordon Instituut, Universiteit van Pretoria.
Prof Andy Dawes is 'n Professor Emeritus by UCT se Dept Sielkunde. Hy spesialiseer in navorsing oor adolessente response op politieke verandering, en geweld teen kinders.
Chris de Beer is hoof: Dept Juweliersontwerp, Durban Instituut van Tegnologie. Hy fokus op die ontwikkeling van inheemse juweliersware en het talle pryse vir sy werk ingepalm.
Piet de Beer doseer argitektuur aan UK en is redakteur: SA Architect. Hy het 'n groot praktyk en publiseer wyd, en het al verskeie toekennings vir sy werk gewen.
Vickie de Beer is die kosredakteur: Rooi Rose en het verskeie pryse ingepalm as Beste Kosredakteur en Beste Kosskrywer van die Jaar.
[[Image:]]
Dr A K De Bruin doseer Verloskunde en Ginekologie by PU se Skool vir Medisyne. Hy spesialiseer in reproduktiewe biologie en infertiliteit.
Dr Chats Devroop is 'n musikoloog en adjunk-direkteur (professioneel) van UNISA se musiekdepartement, en het al verskeie toekennings vir sy werk ontvang.
Prof Uma Dhupelia-Mesthrie doseer geskiedenis by UWK en is die skrywer/redakteur van verskeie boeke, insluitende 'n biografie van Ghandi se seun, Manilal.
Bongani Diako is die mondstuk vir die SA Banking Risk Intelligence Centre. Hy was voorheen by die Sentrum vir Toegepaste Regstudies se Grondregteprogram.
Dr Pedro Diederichs is hoof: Dept Joernalistiek aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie, Pretoria. Hy praktiseer ook aktief.
Dr Mawande Dlali doseer Afrika-tale aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy belangstellings sluit pragmatika, kommunikasie en diskoersanalise in.
[[Image:]]
Dr J D Drury het 'n D.Phil. aan Illinois Universiteit behaal en doseer aan die Dept Musikologie, UNISA. Hy spesialiseer in Afrika-musiek.
Dr Francois Durand is 'n paleontoloog en doseer Soölogie aan die Universiteit van Johannesburg. Sy navorsing sluit die bewaring van biodiversiteit in.
Prof Pierre du Toit doseer Politieke Wetenskap aan Stellenbosch Universiteit en het verskeie boeke oor konflikresolusie, demokrasie en Afrika-politiek geskryf.
Dr Chris Engelbrecht is 'n astrofisikus met 'n spesiale belangstelling in die promosie van die wetenskap aan die publiek. Hy doseer Fisika by Johannesburg Universiteit.
[[Image:]]
Prof Willem Engelbrecht was 'n professor in Chemie aan Stellenbosch Universiteit. Sy belangstellingsvelde sluit 'n wye reeks toepassings in.
Prof Patrick Eriksson is departementshoof: Geologie, Pretoria Universiteit (navorsing: sedimentologie en stratigrafie) en 'n myn/eksplorasiekonsultant.
[[Image:]]
Dr H A Esterhuysen het 'n doktorsgraad in Botanie en is 'n lektor by die Dept Mikrobiologie, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
[[Image:]]
Pieter Esterhuysen is 'n ekspert/navorser oor Afrika-sake, Afrika-instituut van SA, en die skrywer/redakteur van verskeie boeke oor Afrika, insluitende Africa at a Glance.
[[Image:]]
Dr Richard J Evans is 'n akademiese assessor by die Dept Klassieke en Europese Tale, UNISA, en die skrywer van verskeie boeke oor die antieke geskiedenis.
[[Image:]]
Jonathan Faull is 'n politieke navorser by IDASA se Instituut vir Demokrasie en Diversiteit, en die redakteur van ePoliticsSA.
Judith February bestuur die Politieke Inligtings- en Moniteringsdiens – Suid-Afrika, IDASA, en is lid van die Parlementêre Moniteringsgroep en Anti-korrupsie Inisiatief.
[[Image:]]
Dr Roger Fisher doseer Argitektuur en Landskapsargitektuur aan die Universiteit van Pretoria en dien as adviseur tot die Nasionale Monumenteraad (Gauteng).
[[Image:]]
Dr Anne Fitchett doseer Argitektuur by Wits, en het 'n spesiale belangstelling in die beboude omgewing.
[[Image:]]
Prof W L Fouché doseer Wiskunde by UNISA. Sy belangstellings sluit in teoretiese rekenaarwetenskap, 'n veld waarin hy wyd gepubliseer het.
[[Image:]]
Prof Coenrad Fourie doseer Industriële Ingenieurswese aan Stellenbosch Universiteit en vors supergeleiding, gevorderde materiale en nanotoerusting (SAND) na.
Dr Francois Fourie het 'n doktersgraad in Geohidrologie. Hy is tans 'n senior wetenskapllike by GHT, 'n wetenskaplike konsultasie-maatskappy.
Prof Louis Fourie is departementshoof en hoof van Inligtingstelsels by UWK. Hy is ook besoekende professor by verskeie universiteite en werk as 'n IT-konsultant.
Prof Steven Friedman is 'n navorsingsassessor: IDASA; Besoekende Professor in Politiek, Rhodes Universiteit; skrywer, rubriekskrywer en mediakommentator: SA politiek.
Dr Mike Gaylard is die Waarnemende Besturende Direkteur: HartRAO en programleier: Enkelskottel-sterrekunde en Wetenskapbewustheid.
Kwantumfisikus prof Hendrik Geyer is die stigter van die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika en Direkteur: Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS).
Ofer Gon is 'n Akwatiese Bioloog by die SA Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit. Sy navorsing sluit in mariene visse en die geskiedenis van igtiologie in Suid-Afrika.
[[Image:]]
Landbou-ekonoom prof Jan Groenewald is die voormalige hoof: Dept Landbou-ekonomie, UVS, en direkteur: Landboubeleidsnavorsing, AIPA.
Steven Gruzd is hoof van die Governance and African Peer Review Mechanism Programme by SAIIA, en het wyd gepubliseer oor verwante onderwerpe.
Prof Piet Hammes doseer Landbou aan die Universiteit van Pretoria. Sy belangstellings sluit in plantproduksie en grondwetenskap.
Hermann Hanekom is 'n politieke ontleder en voormalige SA ambassadeur. Hy spesialiseer in Afrika-sake en was voorheen parlementêre mediabeampte van AISA.
[[Image:]]
Prof J L Hattingh doseer Geskiedkundige Navorsing by UWK. Sy belangstellings sluit in die geskiedenis van die Kaap soos vervat in dokumente in die Universiteitsargief.
[[Image:]]
J L Hattingh is 'n geskiedkundige en die kurator: Anglo-Boere-oorlog Museum, Bloemfontein, een van die grootste versamelings navorsing oor die ABO ter wêreld.
Prof Temple Hauptfleisch is direkteur: Sentrum vir Teater- en Opvoeringstudies en van die H B Thom-teater, Stellenbosch Universiteit, sowel as 'n gepubliseerde dramaturg.
[[Image:]]
Prof Johannes Heidema doseer Wiskundige Logika by UNISA en is ondervoorsitter van die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie.
[[Image:]]
Dr Monica Hendricks is 'n onderwyseropvoeder en navorser by Rhodes Universiteit se Dept Opvoedkunde. Haar belangstellings sluit geletterdheid en sosiale geregtigheid in.
Prof Michael Heyns is direkteur: Skool van Filosofie, Noordwes-Universiteit, met 'n belangstelling in moderne kultuur soos beskryf deur Charles Taylor, Kanadese filosoof.
Debra Horsten doseer Sosio-ekonomiese Reg, Gesinsreg en Persoonsreg aan die Noordwes-Universiteit. Haar spesiale belangstelling is kinderregte.
Prof Mike Hough is 'n voormalige direkteur: Instituut vir Strategiese Studies, UP, met 'n spesiale belangstelling in konflik, geweld en konflikresolusie.
Dr Angela Impey was 'n Senior Navorsingsassessor by UKZN se Musiekskool, waar sy Etnomusikologie doseer het. Sy werk nou in die VK.
[[Image:]]
Annalize Jacobs is 'n lektor aan die Dept Regswetenskap, Skool vir Regte, UNISA. Haar spesiale belangstelling is Romeinse Reg.
[[Image:]]
Col Kas Jacobs is 'n militêre geskiedkundige en kurator: SA Nasionale Museum van Militêre Geskiedenis, Johannesburg.
Dr Shamil Jeppe is 'n gepubliseerde geskiedkundige en assessor-professor: Dept Geskiedenis, UK. Sy navorsing sluit in die geskiedenis van Distrik Ses en die Kaapse Vlakte.
Prof Iqbal Jhazbhay doseer by UNISA, dien op die ANC-kommissie vir Godsdienstige Sake, en is 'n direkteur op die raad van die Instituut vir Globale Dialoog.
[[Image:]]
Prof Stuart Jones is 'n voormalige Ekonomie-professor aan UNISA, Wits, Johannesburg Universiteit en 'n ekonoom by die Onwikkelingsbank van Suider-Afrika.
Willem Jordaan is 'n politieke joernalis en adjunk-redakteur van Die Burger. As rubriekskrywer het hy lof ontvang vir sy bydrae tot post-demokratiese joernalistiek in SA.
[[Image:]]
Zohra Kahn is 'n navorser by Gender Links en dien op die Kommissie oor Geslagsgelykheid.
[[Image:]]
Gay Khaile is 'n Kommunikasie- en Skakeldeskundige in die Dept van Arbeid, en 'n voormalige Adjunk-kommunikasie-adviseur vir die Kamer van Mynwese (SA).
Prof Evance Kalula doseer regte by UK en is direkteur: Instituut vir Ontwikkelings- en Arbeidsreg, asook voorsitter: SA Indiensnemingsvoorwaardeskommissie.
George Katito is 'n navorser by die SA Institute of International Affairs se Governance and African Peer Review Mechanism Programme.
Prof Michael Kidd is die direkteur: Instituut vir Omgewingsreg by UKZN, en hoofredakteur van die South African Journal of Environmental Law and Policy.
[[Image:]]
Leaza Kolkenbeck-Ruh doseer Internasionale Verhoudinge by Wits en is 'n voormalige Korporatiewe Navorsings- en Mediaskakelbeampte by SAIIA.
[[Image:]]
Philippa Kotzé is die orkesbeampte: konserwatorium, Stellenbosch Universiteit, en voormalige Orkesbestuurder: Pretoria Simfonie-orkes.
[[Image:]]
Genl-maj Julius Kriel is 'n afgetrede lugmaggeneraal en uitv direkteur: SAMD. Hy het die Witskrif oor Verdedigingsverwante Bedrywe help opstel en 'n Nasionale Orde ontvang.
[[Image:]]
Prof Jaap Kuiper is direkteur: Schooladminstrasie-opvoeding, Limpopo Universiteit, en voorsitter: Billiton-Iscor. Sy passie is Wetenskap- en Tegnologie-onderrig.
[[Image:]]
Prof John Laband doseer Geskiedenis by Wilfried Laurier Universiteit, Kanada, en is 'n navorsingsassessor by UKZN. Sy belangstellings sluit die Anglo-Zoeloe-oorlog in.
Prof Jolandi Le Roux doseer Kriminele Reg en Landswetoortredings by Pretoria Universiteit. Haar hoofbelangstellingsveld is geweld teen vroue en kinders.
Prof Schalk le Roux is 'n afgetrede professor en hoof: Argitektuur, Pretoria Universiteit. Sy belangstellings sluit Islamitiese argitektuur en bewaring in.
Prof Elsabé Loots is hoof: Sake- en Ekonomieskool, Monash SA. Sy is ook 'n voormalige president van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika.
Antoinette Louw is 'n voormalige hoof: Misdaad- en Geregtigheidsprogram, Instituut vir Veiligheidstudies, en tans senior navorser: Internasionale Misdaad in Afrika.
Prof Nico Louw was voorheen hoof: Dept Restoratiewe Tandheelkunde, Stellenbosch Universiteit, en is 'n Endodonsiespesialis en lid: SADTR-akkreditasiepaneel.
Conrad Mahlase is 'n ruimtefisikus by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad en 'n voormalige navorser: Ruimtefisikanavorsingsinstituut, UKZN en HartRAO.
[[Image:]]
Dr Malik Maaza is 'n materialenavorser by iThemba-laboratoriums vir Versnellingsgebaseerde Wetenskappe, en 'n voormalige fisikaprofessor by Wits (nanowetenskap).
[[Image:]]
Dr Jonathan Marchand is 'n mediese praktisyn en homeopaat, en het die Holistic Medical Centre in Johannesburg op die been gebring.
Jonty Mark is 'n professionele sportskrywer wat spesialiseer in sokker, en het die Fifa-sokkerwêreldbeker 2010 gedek.
Dr Andrew Marquard is 'n senior navorser in UCT se Energie-, Omgewings- en Klimaatveranderingsnavorsingsgroep wat fokus op energieverwante verligtingsmaatreëls.
[[Image:]]
Dr Heinrich Matthee, voorheen politieke ontleder: Sentrum vir Militêre Studies, Stellenbosch, is 'n Midde-Ooste-ontleder in die VK, en akademiese hoof: Blake Hall College.
Prof Philip Mohr is 'n afgetrede professor: Ekonomiese Beleid, UNISA, en akademiese skrywer. Sy belangstellings sluit in Latyns-Amerika en die SA Monetêre Beleidskomitee.
Prof Richman Mqeke doseer Regte by Rhodes Universiteit en dien op die SA Regskommissie se projekkomitee oor Tradisionele Howe. Hy het wyd gepubliseer.
Sanusha Naidu is navorsingsdirekteur: FAHAMU se China-in-Afrika Program, 'n voormalige fellow by die Sentrum vir Chinese Studies, SU, en voormalige RGN-navorser.
Prof Bill Nasson het geskiedenis aan plaaslike en oorsese universiteite doseer, en is tans by Stellenbosch Universiteit. Hy het wyd gepubliseer.
David Neves is 'n navorser by UWK se Instituut vir Armoede-, Grond- en Landboustudies (PLAAS). Sy belangstellings sluit in chroniese armoede en lewensbestaan op die platteland.
Prof Meki Nzewi is direkteur: Sentrum vir Inheemse Afrika- Instrumentele Musiek- en Danspraktyke, UP, en is ook 'n komponis, musikant en skrywer.
Prof Abraham Olivier is navorsingskoördineerder: Geesteswetenskappe, Fort Hare Universiteit, en redakteur: SA Journal of Philosophy. Navorsingsveld: Om in pyn te verkeer.
Prof Gerrit Olivier, eerste SA ambassadeur in Moskou, is 'n afgetrede professor: Internasionale Politiek, UP, skrywer en direkteur: Sentrum vir Europese Studies, UJ.
Prof Kole Omotoso doseer Drama by Stellenbosch Universiteit. Hy is die skrywer van verskeie literêre werke en 'n bekende akteur.
Dr Patricia Opondo doseer Etnomusikologie by UKZN. Sy het die 40ste wêreldkonferensie van die Internasionale Raad vir Tradisionele Musiek in Durban georganiseer.
Prof Nigel Penn doseer Geskiedenis by UK en is die skrywer van verskeie boeke. Sy belangstellings sluit in Khoisan-geskiedenis en Nederlandse koloniale geskiedenis.
Prof Willem Perold is hoof: Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese, Stellenbosch Universiteit. Belangstellings: Supergeleidingselektronika en Nanotegnologie.
Prof Howard Phillips is hoof: Dept Geskiedenis, UK. Hy het reeds vier boeke laat verskyn oor die geskiedenis van gesondheid, siektes en medisyne in Suid-Afrika.
Dr Leonhard Praeg doseer Politieke en Internasionale Studies by Rhodes Universiteit. Sy navorsing sluit in Afrika-filosofie en Kompleksiteitsteorie.
[[Image:]]
Dr Julie Pridmore doseer Geskiedenis by UNISA en is 'n lid van die Klassieke Vereniging van SA en die Redaksieraad: Alternation Journal.
Dr Vic Prozesky is 'n voormalige hoof: Materialenavorsingsgroep, Nasionale Versnellingsentrum, en is tans prinsipaal: Heidrick & Struggles.
[[Image:]]
Sean Ranger is projekbestuurder vir die Potato SA Beste Praktyk Projek en CapeNature rentmeestersprogram gemik op die bewaring van biodiversiteit.
Prof Hannes Rautenbach is departementshoof: Geografie, Geo-informatika en Metereologie asook assessor-professor by Pretoria Universiteit.
Prof Chrissie Rey is hoof: Skool van Molekulêre en Selbiologie, Wits, en spesialiseer in plantpatologie. Sy is die wenner van die 2010 Nasionale Wet & Teg-toekenning.
[[Image:]]
Andrew Salomon is 'n Erfenisimpak-assessor: SA Erfenishulpbronne-agentskap – Argeologie/Paleontologie-eenheid, en Afrika se enigste professionele rotskunsbewaarder.
Prof Wilfried Schärf is 'n afgetrede professor: Kriminele Reg (fokus: nie-staatsgeregtigheid en konflikresolusie) en vorige direkteur: Instituut vir Kriminologie, UK.
[[Image:]]
Dr Dave Scher doseer Geskiedenis by UK en is hoof: Albow-sentrumbiblioteek. Sy belangstellings sluit in Europese, moderne SA en Joodse geskiedenis, asook volksmoord.
Prof Leslie Schwartz doseer Sielkunde by Stellenbosch Universiteit. Hy spesialiseer in gemeenskapsielkunde, psigopatologie en -terapie, met 'n fokus op gestremdheid.
[[Image:]]
Dr Ramatholo Sefako is 'n sterrekundige en hoof: Teleskoopoperasies by SAAO, asook hoof: Astrofisika- en Ruimtewetenskapspesialisgroep, SA Fisika-instituut.
Prof Milton Shain doseer Geskiedenis by UK en is hoof: Kaplan-sentrum vir Joodse Studies. Sy navorsing sluit in SA Joodse geskiedenis en die geskiedenis van Anti-semitisme.
[[Image:]]
Elizabeth Sidiropoulos is nasionale direkteur: South African Institute of International Affairs, en programleier: EU-Afrika-projek.
[[Image:]]
Prof C J Swanepoel is departementshoof: Besluitnemingswetenskappe, UNISA. Sy belangstellingsvelde sluit in sakeprosesoptimisering en diskrete wiskunde.
Sian Tiley-Nel is 'n argeoloog en kurator: Mapungubwe Museum, Pretoria Universiteit, asook streekvoorsitter: Vereniging van Suid-Afrikaanse Museums.
Prof Cornelius Thomas is direkteur: Sentrum vir Nasionale Erfenis- en Kulturele Studies, asook direkteur: Bevrydingsargief, Universiteit van Fort Hare.
Dr Ross Tucker is 'n navorsingsassessor by die UK/MNR Navorsingseenheid vir Oefeningwetenskap en Sportmedisyne, met 'n fokus op Menslike Prestasie in Uiterste Omgewings.
Craig Urquhart is 'n voormalige Fifa-Wêreldbeker-mediabeampte en skrywer van Road to 2010, asook hoof: Project 2010, 'n 24/7 nuusportaal van SA se voorbereiding vir 2010.
Martiens van Bart is die Erfenisredakteur van Die Burger. Sy belangstellings sluit in die Anglo-Boere-Oorlog, waaroor hy onlangs 'n boek, Songs of the Veld, gepubliseer het.
Prof Willie van der Merwe doseer Filosofie by Stellenbosch Universiteit. Sy navorsing sluit in die Filosofie van Taal, Godsdiens, Kultuur en Metafisika.
[[Image:]]
Dr Thomas Van der Walt is assessor-professor: Inligtingswetenskap, UNISA, en koördinator: Kinderliteratuur-navorsingseenheid, sowel as redakteur van Mousaion.
Prof Ben Van Heerden is direkteur: Sentrum vir Gesondheidswetenskappe-opvoeding, SU, en 'n adviseur vir die FAIMER-instituut. Hy spesialiseer in kerngeneeskunde.
Prof Jan Van Heerden is 'n afgetrede hoof: Ekonomie by Pretoria Universiteit, en voormalige president van die Afrika- Ekonometriese Vereniging en adjunk-direkteur: ERSA.
Prof Anton van Niekerk is departementshoof: Filosofie en direkteur: Sentrum vir Toegepaste Etiek, SU. Hy het ook verskeie filosofiese werke gepubliseer.
[[Image:]]
Prof Gardiol Van Niekerk doseer jurisprudensie by UNISA en is 'n stigterslid van die Sentrum vir Inheemse Reg en lid van die Eenheid vir Basiese Regsopvoeding.
[[Image:]]
Prof M C J Van Rensburg is direkteur: Eenheid vir Taalvaardigheidsontwikkeling, Pretoria Universiteit. Sy belangstellings sluit in die Afrikaans van die Griekwas.
Prof Helena Van Zyl is direkteur: Bestuurskool, UVS. Sy dien ook op die Staande Komitee vir die Hersiening van die Bankwet (SA Reserwebank).
Dr Linda Venter is 'n voormalige departementshoof: Kommunikasie en Mediastudies, Monash Universiteit, en dien tans op die Uitsaaiklagteskommissie van SA.
[[Image:]]
Prof Ponti Venter is 'n navorsingsprofessor in Filosofie aan die Noordwes-Universiteit, en voormalige Dissiplinehoof van die departement.
Dr Gerhard Verdoorn is 'n chemieprofessor en voorste deskundige oor roofvoëls. Hy is ook direkteur van BirdLife SA en van die Griffoen-vergiftigingsinligtingsentrum.
Prof Fanie Vermaak doseer Semitiese Tale by UNISA. Sy belangstellings sluit in die kulturele agtergrond van al die ou beskawings van die Nabye Ooste.
Prof Jan Verschoor is departementshoof: Biochemie, UP, en hoofondersoekbeampte vir die BIA-groep. Sy navorsingsvelde sluit TB en Vigs in.
[[Image:]]
Prof Frans Viljoen is direkteur van die Sentrum vir Menseregte en die Sentrum vir die Studie van Vigs, asook professor: Internasionale Menseregtereg by Pretoria Universiteit.
Prof Louise Viljoen doseer Afrikaans-Nederlandse letterkunde aan Stellenbosch Universiteit. Sy is ook 'n bekende literêre kritikus en boekbeoordelaar.
[[Image:]]
Thomas Wheeler is 'n navorsingsassessor: SA Buitelandse Beleid by die SA Institute of International Affairs en voormalige redakteur: SA Foreign Policy Monitor.
Dr Corli Witthuhn is vise-dekaan: Agriwetenskap, en voormalige hoof: Dept Voedselwetenskap, asook projekleier: Molekulêre Voedselmikrobiologienavorsingsgroep, SU.
Gunnar Sigge is 'n lektor en departementshoof: Dept Voedselwetenskap, SU. Sy belangstellings sluit voedselprosessering en omgewingsbestuur in.
[[Image:]]
Richard Wade is 'n argeo-sterrekundige by die Nkwe-rif Sterrewag Instituut, KARA, Universiteit van Pretoria, en Blain Communications.
Prof Jan Wium is 'n professor in Siviele Ingenieurswese en direkteur: Instituut vir Strukturele Ingenieurswese, Universiteit van Stellenbosch.