Aangaande
Vanuit MyFundi
Wie is ons?
MyFundi bied jou gratis toegang tot Suid-Afrika se voorste elektroniese ensiklopedie, die Suid-Afrikaanse Ensiklopedie (SAE). Ons verstaan jou behoeftes: globale én plaaslike inhoud, kurrikulumbelynde onderwerpe, en gewaarmerkte inligting waarop jy kan staat maak.
Geskryf deur ‘n breë paneel deskundiges, is die SAE ‘n kontemporêre hulpbron wat globale inligting kombineer met ‘n Suid-Afrikaanse en Afrika-fokus om ‘n eenstop-navorsingstasie vir Suid-Afrikaners te bied – of hulle nou onderwysers, leerders, skrywers, navorsers, joernaliste, emigrante, immigrante of die algemene publiek is.
Tans bevat die SAE reeds meer as 6,000 gewaarmerkte artikels gevul met beeldmateriaal wat foto’s, illustrasies, kaarte en grafieke insluit. Spesiale hulpmiddels sluit in BBP-profiele, jaarliks bygewerkte statistiek oor alle lande van die wêreld, ‘n A–Z-sportafdeling en ‘n vlagskip-afdeling oor Suid-Afrikaanse politiek wat ons verstommende transformasie vanaf apartheid tot demokrasie volg. Ons bied ook ‘n gerieflike versameling artikels wat spesifiek op Afrika fokus, van sy ou geskiedenis en ryk kultuur tot hedendaagse politiek en sosio-ekonomiese uitdagings.
MyFundi bied jou ook die kans om self ‘n fundi te word! Dra jou deskundigheid, inheemse kennis of in-diepte navorsing tot ons wiki by en help MyFundi uitbrei tot ‘n waarlik omvattende hulpbron – tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Ons sien uit daarna om jou in ons gemeenskap van lewenslange leerders te verwelkom.






